Areas we visit:

Die ekstra myl wat ons stap om toerlede tegemoet te kom en belangrike inligting aangaande ons toere:

  • Uit ondervinding weet ons dat daar toerlede is met verskillende behoeftes en daarom  doen ons moeite om elke bespreking persoonlik te hanteer.
  • Alhoewel ons hotel se kamers almal op grondvlak is en privaat badkamers het, is ons ongelukkig nie ingerig vir rolstoele nie.  Ons busse is luuks, maar is ongelukkig ook nie ingerig hiervoor nie.
  • Toerlede wat wil invlieg vanaf enige plek in die RSA of Namibië, sal gehelp word met vlug reëlings – vir hierdie diens vra ons R100.00 per bespreking.  Die lugredery se kostes word (deur u betaal,) direk in hulle bankrekening. 
  • Indien u per trein vanaf Johannesburg na Kaapstad wil reis, kan ons vir u help met hierdie reëlings.  Vir hierdie diens vra ons R100.00 per bespreking.  Ons doen slegs besprekings op die Premier Classe of die Blou Trein.  Namakwa Toere sal nie besprekings doen op die goedkoopste trein vervoer vanaf enige plek na Kaapstad nie.
  • Indien u vanaf Gauteng is kan u gerus daaraan dink om met die vliegtuig of trein af te reis en dan weer met die vliegtuig/trein terug te reis.  U kom byvoorbeeld met die vliegtuig af en met die trein terug, of andersom.
  • Indien u met u motor van elders na Kaapstad wil reis, kan u die motor by die hotel in Bellville laat.  Dit moet net met ons gereël word.
  • Toerlede wat vroeër of langer in Kaapstad wil wees, kan geakkommodeer word.  Ons het ʼn spesiale tarief beding by twee verskillende hotelle in Kaapstad waar ons toere vertrek en eindig. Hierdie tarief is slegs geldig indien ons die bespreking vir u doen – geen kommissie word verhaal daarop nie en dit is slegs ʼn diens wat ons vir u wil en kan lewer.  
  • Kontak ons vir tariewe vir die volgende opsies

Hotel in Bellville – THE LODGE  (Tel 021 948 7990)
Vervoer tussen lughawe en The Lodge Bellville.
Hotel by lughawe – ROAD LODGE AIRPORT (Tel 021 934 7303)
Vervoer tussen lughawe en Road Lodge Airport.

  • Ons beveel aan dat u van hierdie aanbod gebruik maak en die vorige dag alreeds in Kaapstad arriveer.  Hierdie spesiale aanbod van die hotel is slegs beskikbaar indien daar kamers beskikbaar is.  Hierdie tarief is ook beskikbaar indien u langer as een nag wil oorbly in die hotel.
  • Indien u dieselfde aand wil terugvlieg wat die toer eindig,  moet u vlugte bespreek vanaf Kaapstad na 19:00.
  • ʼn Deposito van R2 000,00 is betaalbaar met bespreking, en die balans 21 dae voor die vertrekdatum. 
  • Ons begin elke oggend voor ons ry met ʼn gebed, en glo dat u saam met ons  sal bid vir ʼn veilige en sielsverrykende toer en ʼn heerlike vakansie.